Ons het darem nie so vroeg soos Elardus in die pad geval elke oggend nie, maar eers
rustig klaar gemaak.
Lakes Entrance
Al die mere van die Gippsland Lakes kom bymekaar en dan vloei dit in die see in by Lakes Entrance. Jy kan van Sale af met 'n boot deur die rivier kanale en mere tot by die see gaan.
So paar moves later en costume was aan
Paradise Beach
Een van die strande naby Sale, so ongeveer 30km.
Min mense, wind waai, maar dit bly mooi. Is deel van die 90 mile beach. 'n Strook van oor die 90myl on-onderbroke kuslyn
Seaspray
Nog een van die strande naby Sale, ook so 30km.
Tidal River (Wilsons prom)
Hierdie was so dagreis ver op Ausie paaie, aangesien jy net 100km/h kan ry en op uitsonderings 110km/k. Wilsons Promontory is die mees suidelik punt van Aus. Jy kan net met die kar ry tot by Tidal River, dus as jy daar wil uitkom, moet jy stap, baie ver ook, so ons het maar nie gegaan nie, maar eendag!
Ons het wel op die baie mooi strand Squeeky Beach gestop en gaan swem. Die naam kom van die geluid wat die baie fyn sand maak as jy daarop loop.
Hier is net fotos voor ons op die strand was, het nie die kamera daar gehad nie, dit is maar altyd 'n slep met die kamera by seesand en water.
Mt Angus
Op die vooraand voor hulle terug Sydney toe gaan, het ons besluit om bietjie Noord te gaan, weg van die kus. Volgens Nataniel op die GPS wat die vinnigste pad aanwys, moes ons baie vinnig uit ons leen-motor klim en in die Kluger, want die pad was net te rof.
So bietjie 4x4 en toe ons besluit om nie verder te gaan nie, en ons kan nie omdraai nie, moes ons maar agteruit ry. Dis net hier waar almal besluit om eerder uit te klim en maar te loop, net Ek, Thys eb Milan was nie bang nie :).
Hier gaan die bang gatte, een vir een
Die uitkyk punt, wat ons toe nooit gesien het nie.
dit lyk baie mooi daar!
ReplyDeletekyk net die oulike fototjies van die seuns!