Noudat dit winter is en ons nie meer om die baan kan hardloop nie, maak ons gebruik van die onderdak warm swembad.
Die mannetjies moet so 3x per week 4 keer om die baan draf. 2x as ons daar aankom en dan speel ons in die parkie en dan 2x om die baan voordat ons terug ry met die fiets. Ek dink hulle is bly dit is winter en dit reen.
Renier het besluit om op die Dinosaur te klim, maar is toe bietjie bang om oor te klim en af te spring. Ek sê toe vir die lifeguard om hom so bietjie nat te spuit sodat hy bietjie motivering het, maar hy was nie baie gelukkig nie.
No comments:
Post a Comment