Monday, July 18, 2011

5de Verjaarsdag

Die Tier is 5jaar oud en het gewonder of al sy maatjies by sy verjaarsdag gaan wees. Ons het hom maar mooi verduidelik dat hy volgende jaar maatjies kan nooi, hy moet hulle eers maak , shame. Darem was sy ouma hier vir sy verjaarsdag.

Dit was 'n stil verjaarsdag, en het darem die presente geniet.

Het darem van die ballonne gehou





Bossie kop met sy warm Milo





Kon nie wag om sy eie koek te sny nie





Eddie - koekie-eter


Werribee Dieretuin

Hierdie is een van die lekkerste dieretuine wat ek nog by was. Dis amper soos 'n mienie wildtuin waar ons op 'n bus geklim het en tussen die diere rondgery het. Die lekkerste was die leeus waar ons deur 'n glas hulle kon sien en hulle was 'n halwe meter weg.

Die kinders se oë was groot om te sien hoe groot nie leeus was. Van Bisons tot wit gemsbokke, en dan ook renosters, seekoeie ens. Dit was lekker om regte diere te sien en nie net kangeroes en wombats nie.



Bison



Een of ander wit gemsbok tipe bok













Renier, halwe meter van die leeu







Hippo-casualty





Ed sê die seekoei kan hom nie byt nie want hy trek sy tande uit





Renier en Eduard, halwe meter van die jagluiperd







Winter swem

Noudat dit winter is en ons nie meer om die baan kan hardloop nie, maak ons gebruik van die onderdak warm swembad.

Die mannetjies moet so 3x per week 4 keer om die baan draf. 2x as ons daar aankom en dan speel ons in die parkie en dan 2x om die baan voordat ons terug ry met die fiets. Ek dink hulle is bly dit is winter en dit reen.

Renier het besluit om op die Dinosaur te klim, maar is toe bietjie bang om oor te klim en af te spring. Ek sê toe vir die lifeguard om hom so bietjie nat te spuit sodat hy bietjie motivering het, maar hy was nie baie gelukkig nie.




Sale Open

As daar 'n lysie is om naam op te sit is Ophir daar, mmm, dis nou 'n sport lysie en nie 'n werk lysie nie. :)

Daar is sy nou deel van die hospitaal se social tennis span wat so uitklop rondte speel teen almal. Daar was nou talent vanaf die average Joe tot een girl wat glo vir Australie as junior gespeel het.

Ophir-hulle het die eerste rondte gewen met goeie span werk ;)...maar het ongelukkig in die tweede rondte uitgeval. Ek moet sê dat Ophirtjie goed gespeel het en is die spesialis op die "lob" hou, hoog oor die net.


Radiologie se mascot





Getroue ondersteuners in die koue




Ophir "Lob" Welgemoed





Power Rangers was ook daar





Ophir reg vir aksie




"lob" in aksie



Spider en Batman

Op die laaste dag van skool moes hulle aantrek vir gimnastiek en natuurlik was dit Batman en Spiderman, geen kwessie daar nie.

Hulle het die heeltyd webs geskiet en batman stars gegooi. Op die vorige keer was net Eduard saam om kualas te gaan kyk en Renier het gesê ek moet nie vergeet om hom ook te gaan wys nie, want hy't nog nooit een gesien nie.

Besluit toe om na die gymnastiek Paynsville toe te ry, met die ferry oor die water tot op die eiland. Dit was nou vir hulle lekker om op die ferry te staan, uit die kar te klim en daar rond te hardloop.

Batman en Spiderman op die ferry



Besig om met die ferry oor die water te ry





Hide-and-Seek kuala





Opsoek na kualas, nie baie gefokus nie






Bootjie langs die ferry




Oppad terug huis-toe


Morris

Een van Renier se skool take is om vir Morris, die skool se teddie beer, huis toe te bring vir 'n week en 'n plakboek te maak met verskillende fotos van waar Morris saam met hom "vakansie" hou.

Ons het maar vir Morris saam gery waar ons gaan en so nou en dat 'n fototjie geneem.


Morris speel tennis




Morris braai bietjie vleis




Tour de Morris





Stort tyd



Morris se maatjies die week