Dit is so 2.5 ure se ry, spoedgrens is meeste van die tyd 100km/h met 'n paar stukkies van so 110km/h so dit vat maar lank, maar kinders is gelukkig elkeen is besig met hulle PSP's en die karlaaier vir dit is ook in.
Ons het so bietjie langer na die kar gaan kyk as wat beplan was, maar het op die ou end 'n Toyota Kluger gekry.
Daarna is ons by die Suid Afrikaanse winkel iewers in Melbourne, klein plekkie met al die bekende goedjies soos mieliepap (ja Ausies weet nie wat dit is nie), regte mayonaise, biltong, blatjang, All Gold tamatie sous, Zoo koekies en ouma beskuit, so ons is gestock vir so rukkie.
Ons vind toe uit die dieretuin maak 17:00 toe, so ons is te laat daarvoor, toe gaan ons akwarium toe wat gelukkig tot 21:00 oop is in vakansie tyd aangesien die skole eers in Februarie begin en die akkommodasie is maar duur, so het na die tyd maar terug gery Sale toe en gaan nou more weer terug.
Die ingangsfooitjie was $90 en parkering $20 en koeldrank ook so $15 (R875) en ons het gedink PTA dieretuin se R200 met golfkarretjie wat akwarium insluit is duur!
So paar hoogtepunte van die dag
Hierdie is so klein ondergrondse uitkyk punte vir kinders om in te kruip en dan alles mooi te sien
Ou snaaksies