Monday, April 18, 2011

Net 'n paar fotos van voeltjies en goedtjies

So paar fotos van nuwe australies voeltjies hier om en rondom Sale.

Superb Fairy-wren



Magpie Lark



Myna


House sparrow (mossie)



Darter



Chestnut Teal



Darter



Sulper Crested Cockatoo



Seaspray

Dit is ons naaste strand en is deel van die 90mile beach, waar daar slegs strand is vir meer as 160km sonder enige rotse.

As die kinders sê hulle wil see toe gaan is dit gewoonlik winderig en koud, maar hulle gee nie om nie, solank hulle net kan swem en in die sand kan speel is hulle gelukkig.



Hierdie fiets was die snaakste. Twee pelle het met fietse gekom en die een wou met die fiets deur die water ry. Sy maatjie sê toe vir hom: "No don't do it!! this is salt water, I swear it will rust #@$ fast, trust me"... 

Ek dog toe, ja nee, dis nie asof hierdie fiets sou gemind het nie :)


Ophir se kuns werkie




Dooie vissie



Ek tel dit toe op en gooi dit in die lug, en onmiddelik is die boelie daar en sluk dit in. Soos my oupa altyd gesê het: " Als eet als..."




Lekker by die see










Ek sê vir Renier as hy te naby is gaan hy inval :)



Eddie het gesien hoe sy boetie inval, moes seker ook maar net self uitvind of hy ook sou inval.





Toe hulle eers in is, was dit net te lekker om huistoe te gaan, al is dit baie koud gewees.


Dargo

Op die kaart gekyk en besluit ons wil bietjie Dargo toe gaan. Nog 'n klein dorpie met 'n eetplek en pub. Die Ausies is baie bekommerd oor hulle drink gewoontes want hulle drink nogal baie, ek dink nie die Suid-Afrikaners kan kla oor die nie, Ausies wen ons alweer op die terrein.

Die pad was een van die mees kronkelende paaie wat ek nog gery het, mos amper stop want Ophir het naar begin word hehehe.

Moes deur 'n beheerde bosbrand ry, met digte rook, wat nogal lekker geruik het (eucalyptus).

Ons was die enigste kar in die dorp op daai oomblik en het bietjie gaan stap in die bos en middag ete geeet toe ons klaar was. Ophir en die kinders het gou toilet toe gery en toe hulle terug kom was daar nie staanplek in daai hele dorp nie. Al die locals het uit die bos uitgepop met motorfietse en 4x4's of Ute's soos hulle sê.

As ons 5minute vroeer geloop het, sou ons kon dink daar gaan niks aan op Dargo nie, maar was verbaas oor die aantal mense wat eweskielik daar opgedaag het.

Dargo kaart, lekker 4x4 plekke, kamp waar jy wil





Bietjie in die bos gaan loop









Oppad terug vir middag ete






Hierdie is net een kant, gepak met die karre net na middag ete.



Antje kuier en skool kermis

Antje en Milan het so bietjie vir ons kom kuier, Antje het 'n knieg operasie gehad en Milan wou so bietjie saam met sy nefies kom speel. Dit was nou lekker, en terselfde tyd was Thys en Tanielle in Adelaide vir die roei kampionskappe waarvoor sy gekwalifiseer het vir die Olympic Hopefulls....geluk!!

Die skool het ook 'n kermis gehad en was maar soos enige ander kermis met baie pret vir kinders en eetgoed.




Milan met sy kuiertjie by die nefies





Hier gaat ons alweer by die slide af







Kaylen op die merry-go-round






Ek en Austen hou so bietjie ogie