Thursday, February 3, 2011

Die regte dieretuin die keer

Ons het weer Melbourne toe gery, nadat ons die vorige dag nie by die dieretuin kon uitkom nie. Baie lekker en goedkoper as die akwarium, die meeste paadtjies is grond en dit voel heeltyd of jy in die bos is, nie sulke groot plaveisel soos in PTA se dieretuin nie.

Hulle wou net heeltyd die leeus gaan kyk het ,lyk my mens kry maar net nie die bos uit jou as jy dit eers in jou gehad het nie :)

Wys my jou spiere




Hierdie kameelperd het een groot ding op die voorkop




Hierdie kangaroos lyk groter as wat mens dink


Echidna


Eers rustyd en snack tyd



Leeu stront




Weet nie wat om te sê nie




Die "skip" het ingekom

Nie die skip van baie geld of lotto nie maar al ons goedtjies van Suid-Afrika. Daar was darem geen kwarentein issues nie, en om die waarheid te sê, nie regtig uitgesien na die uitpakkery nie. Ons het nou reggekom sonder al daai goed en hier is nie regtig plek nie, maar dit is darem ons goed.

Dit wat nie inpas nie gaan maar net so in die bokse bly en shed toe, dankie tog vir 'n shed.


Eerste fietsie al klaar uit

Eerste uitkamp

Ons het besluit om weer Wilson Promontory toe te gaan want daar is so baie om te sien en te doen en een dag is net te kort.

Die idee was om iewers in 'n B&B oor te slaap, maar toe ons in die kafee kom by Tidal River en al die kampgoed sien besluit Ophir sommer net daar dit is nou weer kamptyd.

Een 3 man tent, 2 slaapsakke, 4matjies en 1 seil later en toe is dit kamptyd. Die kinders was die bangste vir die Wombats wat deur die tent gaan skeur op soek na kos, want dit was in die koerant gewees met 'n foto, shame :)

Wat wel anders was in die kampterrein was die reuk van braaivleis vure, of eerder die "lack of it". Daar word nie oop vure gemaak nie, want een kooltjie en die hele staat brand af. Daar was so twee jaar terug groot veldbrande wat gestrek het ook 500km.


Wind farm naby Toora


Squeecky Beach



Natuur reservaat



Kamp plek opset



Storie tyd


Bull Ant, so lank soos 'n vuurhoutjie en lekker aggresief


Uitkyk oor die baai

Mare's se kuier


Ons is so gelukkig om familie in Aus te hê, en na die lekker kuier van die Bassons oor kersfees en nuwe jaar is ons bederf deur die Mare's se kuier.

Net soos Elardus ken het ons elke dag vroeg opgestaan om die plek te gaan verken, behalwe die eerste oggend na hulle aankoms. Ons is so gewoond om wakker gemaak te word om 6.30am die oggend, dat ek besluit het om vroeg te gaan fiets ry en dan is ons reg.

Klaar gery en dit is nou 8.30am, maar dit is doodstil in die huis, die Mare's slaap nog. Eers teen 11.00am die oggend kom hulle uit die kamer gesluip, met die verskoning dat hulle horlosies nog op Perth tyd is :)


Paynesville

Die tier het Stefan lekker besig gehou



Titanic


Blou ogies I





Bietjie geskiendenis by die swing bridge



Blou ogies II

Wanneer kort 'n Landrover olie? Wanneer hy ophou om olie te lek!

Dit is die gewone idee wat ons het oor Landrovers, maar Ophir se splinternuwe VW Tiguan het skaars 300km op die klok, met een reuse olie lek, die olie is nog so nuut ons het eers gedink dit is die aircon se water. Ai, en hier is nie orals VW handelaars in Aus nie, moet nou eers 'n part kry oorsee, seker Suid-Afrika :)

Hier is sy in haar gelukkiger dae