As die kinders sê hulle wil see toe gaan is dit gewoonlik winderig en koud, maar hulle gee nie om nie, solank hulle net kan swem en in die sand kan speel is hulle gelukkig.
Hierdie fiets was die snaakste. Twee pelle het met fietse gekom en die een wou met die fiets deur die water ry. Sy maatjie sê toe vir hom: "No don't do it!! this is salt water, I swear it will rust #@$ fast, trust me"...
Ek dog toe, ja nee, dis nie asof hierdie fiets sou gemind het nie :)
Ophir se kuns werkie
Dooie vissie
Ek tel dit toe op en gooi dit in die lug, en onmiddelik is die boelie daar en sluk dit in. Soos my oupa altyd gesê het: " Als eet als..."
Lekker by die see
Ek sê vir Renier as hy te naby is gaan hy inval :)
Eddie het gesien hoe sy boetie inval, moes seker ook maar net self uitvind of hy ook sou inval.
Toe hulle eers in is, was dit net te lekker om huistoe te gaan, al is dit baie koud gewees.
No comments:
Post a Comment