Monday, April 18, 2011

Dargo

Op die kaart gekyk en besluit ons wil bietjie Dargo toe gaan. Nog 'n klein dorpie met 'n eetplek en pub. Die Ausies is baie bekommerd oor hulle drink gewoontes want hulle drink nogal baie, ek dink nie die Suid-Afrikaners kan kla oor die nie, Ausies wen ons alweer op die terrein.

Die pad was een van die mees kronkelende paaie wat ek nog gery het, mos amper stop want Ophir het naar begin word hehehe.

Moes deur 'n beheerde bosbrand ry, met digte rook, wat nogal lekker geruik het (eucalyptus).

Ons was die enigste kar in die dorp op daai oomblik en het bietjie gaan stap in die bos en middag ete geeet toe ons klaar was. Ophir en die kinders het gou toilet toe gery en toe hulle terug kom was daar nie staanplek in daai hele dorp nie. Al die locals het uit die bos uitgepop met motorfietse en 4x4's of Ute's soos hulle sê.

As ons 5minute vroeer geloop het, sou ons kon dink daar gaan niks aan op Dargo nie, maar was verbaas oor die aantal mense wat eweskielik daar opgedaag het.

Dargo kaart, lekker 4x4 plekke, kamp waar jy wil





Bietjie in die bos gaan loop









Oppad terug vir middag ete






Hierdie is net een kant, gepak met die karre net na middag ete.



No comments:

Post a Comment