Jy parkeer so 2km vanaf die vlieg veld en daar mag nie kinder fietse / scooters wees nie, so die arme kinders moes al die pad loop net om by die ingang in te kom, en dan het ons nog nie eers begin om deur al die stalletjies en uitstallings te gaan nie, so ons was skaars 15 minute daar toe wil die mannetjies huistoe kom want hulle is moeg.
Ons het dit uitgehou, yip ons want ek was al moeg vir die kerm en kla elke 5minute dat hulle wil huistoe gaan. Ek het ook die rekord van kinders verloor tussen 50 000 mense. Renier het 5 keer weggeraak en Eddie 4 keer, ek was ook toe net lus om huistoe te gaan.
Renier die sniper
Ed die sniper
Bietjie middag-ete
Hier robot wat kon praat was vir hulle die beste
No comments:
Post a Comment