Ons is so gelukkig om familie in Aus te hê, en na die lekker kuier van die Bassons oor kersfees en nuwe jaar is ons bederf deur die Mare's se kuier.
Net soos Elardus ken het ons elke dag vroeg opgestaan om die plek te gaan verken, behalwe die eerste oggend na hulle aankoms. Ons is so gewoond om wakker gemaak te word om 6.30am die oggend, dat ek besluit het om vroeg te gaan fiets ry en dan is ons reg.
Klaar gery en dit is nou 8.30am, maar dit is doodstil in die huis, die Mare's slaap nog. Eers teen 11.00am die oggend kom hulle uit die kamer gesluip, met die verskoning dat hulle horlosies nog op Perth tyd is :)
No comments:
Post a Comment