Thursday, February 3, 2011

Eerste uitkamp

Ons het besluit om weer Wilson Promontory toe te gaan want daar is so baie om te sien en te doen en een dag is net te kort.

Die idee was om iewers in 'n B&B oor te slaap, maar toe ons in die kafee kom by Tidal River en al die kampgoed sien besluit Ophir sommer net daar dit is nou weer kamptyd.

Een 3 man tent, 2 slaapsakke, 4matjies en 1 seil later en toe is dit kamptyd. Die kinders was die bangste vir die Wombats wat deur die tent gaan skeur op soek na kos, want dit was in die koerant gewees met 'n foto, shame :)

Wat wel anders was in die kampterrein was die reuk van braaivleis vure, of eerder die "lack of it". Daar word nie oop vure gemaak nie, want een kooltjie en die hele staat brand af. Daar was so twee jaar terug groot veldbrande wat gestrek het ook 500km.


Wind farm naby Toora


Squeecky Beach



Natuur reservaat



Kamp plek opset



Storie tyd


Bull Ant, so lank soos 'n vuurhoutjie en lekker aggresief


Uitkyk oor die baai

No comments:

Post a Comment